Landboukwalifikasies wat saak maak
As ’n trotse vennoot van die International Agricultural Academy for Africa (i3A), bied Wes-Kaap Landbou Akademie SAQA-geakkrediteerde kwalifikasies aan op NQF vlakke 4 en 5 in wingerdbou, plant- en diereproduksie. Ons doel is om kennis te verbreed, talent te koester en by te dra tot die landbousektor deur studente toe te rus met die vaardighede en kundigheid wat hulle nodig het om in die veld uit te blink.
Ons gespesialiseerde programme dek ’n wye reeks landbou kwalifikasies, insluitend plantproduksie met ‘n sterk fokus op sitrus, koring, wingerdbou, agronomie, tuinbou, en kanola, asook diereproduksie met spesialisasie in vleisbeesproduksie, bok- en sybokhaarproduksie, skaap- en wolproduksie, varkproduksie, en pluimveeproduksie.
By Wes-Kaap Landbou Akademie is ons nie net besig met landbouonderrig nie; ons bou saam ‘n blink toekoms in landbou, van wingerd tot weiding. Sluit by ons aan om die landbouleiers van môre te vorm.
Baccalaureus in Landbou (B. Landb.)
Splinternuut en revolusionêr. ’n Eerste vir landbouopleiding in Suid-Afrika se private sektor!
Verdien jou Baccalaureus in Landbou (B. Landb.) by WKLA, geakkrediteer deur i3A, in vennootskap met Ba Isago University.
Leer meer oor jou graad in Landbou:
Plantproduksie
Ons Plantproduksie program is gespesialiseerd in sleutelareas soos koring, wingerdbou, citrus, agronomie, tuinbou en kanola, en bied praktiese opleiding wat pas by die behoeftes van die industrie. Met ‘n sterk fokus op volhoubare landboupraktyke en innoverende produksietegnieke, berei ons ons studente voor om in die dinamiese veld van plantproduksie uit te blink.
Diereproduksie
Wanneer jy kies om Diereproduksie te studeer, kan jy spesialiseer in een van die volgende velde: vleisbeesproduksie, skaap- en wolproduksie, bok- en sybokhaarproduksie, pluimveeproduksie of varkproduksie. Met ’n sterk fokus op volhoubare landboupraktyke en innoverende produksietegnieke, berei ons ons studente voor om in die dinamiese veld van Diereproduksie uit te blink.
Klik hier ons wil graag van jou hoor!
As jy enige vrae of navrae het, kontak gerus ons hoofkantoor.









